Junior Rekenmeester - Ceres
Listing reference: dutoi_000031
Listing status: Online
Apply by: 23 November 2026
Position summary
Industry: Agriculture, Forestry & Fishing
Job category: Agriculture, Forestry, Environmental and Fishing
Location: Ceres
Contract: Permanent
Remuneration: Market Related
EE position: No
Introduction
DUTOIT AGRI verlang die dienste van `n dinamiese persoon om sy Finansiele Bestuurspan by Produksie Wes-Kaap te versterk. Die posbekleërs sal aan een van die Finansiële Bestuurders van Produksie Wes-Kaap rapporteer, en verantwoordelik wees vir die voorbereiding van bestuurstate en die volledige finansiële ondersteuning van die landgoedere.
Job description
Sleuteltake sluit in:
- Voorbereiding van alle maandelikse bestuurstate vir die area, met afwykings verduidelikings ingesluit
- Bank, krediteure, debiteure en joernale vir die spesifieke area se landgoedere
- Bestuur en kontrole oor die bateregister: toevoegings, vervreemdings, waardevermindering en fisiese verifikasie
- Assisteer van begrotings en projeksies, en opvolg van kapitaalspanderings teen goedgekeurde aansoeke
- Kwaliteitsbeheer oor klerklike werk voordat dit die Finansiële Bestuurder bereik
- Vroeë uitwysigings van afwykings en tendense, en verbetering van verslae en stelsel
Minimum requirements
Die ideale kandidaat beskik oor:
- 'n BCom, BCompt of nagraadse diploma in rekeningkunde
- Ten minste drie jaar ondervinding in 'n toepaslike rekeningkundige rol
- Bo gemiddelde Excel vaardighede
- Microsoft BC ervaring sal voorkeur ontvang
- Sterk analitiese en administratiewe vermoë
- Goeie interpersoonlike vaardighede, en
Sal gekenmerk word deur eerlikheid, dryfkrag, streng dissipline en die vermoë om op eie inisiatief te funksioneer. Ondervinding in 'n landbou-omgewing sal die aansoek versterk.
Benefits
Benewens aangename werksomstandighede bied ons 'n mededingende vergoedingspakket wat lidmaatskap tot 'n aftree-en mediese fonds insluit.